Local sportSport

Spelers kom van ver vir Kambaku-toernooi

Dié gewilde toernooi het van 13 tot 15 Julie by dié gholfklub in Komatipoort plaasgevind.

Spelers het mekaar die stryd aangesê en kwaai onder mekaar meegeding om as die 2017 Kambaku-kampioen gekroon te word. Dié gewilde toernooi het van 13 tot 15 Julie by dié gholfklub in Komatipoort plaasgevind.

Hoewel die ekonomie beslis ‘n beperkende rol in die getal spelers wat deelneem, gespeel het, was dit ‘n suksesvolle toernooi en is uitstekende gholf gespeel. Van die spelers het ver gereis om te kom deelneem.

Jacq Nel, vennoot by Execugholf het al die spelers sowel as borge bedank wat die dag moontlik gemaak het. Hy het waardering uitgespreek teenoor Alisha Coetzee, Pierre Pretorius en die kombuispersoneel wat verantwoordelik was vir ‘n heerlike aansit-ete met mooi gedekte tafels na afloop van die toernooi. Harry van Dyk, Antoni Brits en hulle helpers is bedank vir die instandhouding van die baan, sowel as Mark Brits van die Pro Shop vir die reëlings, al die kelners wat die spelers bedien het, Securicon wat ekstra wagte beskikbaar gestel het vir die toernooi, en Rose Powell wat ook baie gehelp het met die organisering.

Samuel Lukhele, wat ‘n ontwikkelingspan gebring het om deel te neem, is spesiaal bedank. Daar was baie positiewe terugvoer oor die span se gedrag, dissipline en gholfetiket op die baan.

Gerrie Kemp, wat aan al 13 Kambaku-toernooie deelgeneem het, het die tafelgebed gedoen. Martinette van Dyk het die driedaagse toernooi gewen en het met die 2017 Kambaku-toernooititel weggestap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button