Local sportSport

So naby, maar tog so ver

Ongedwonge foute het heel waarskynlik Woensdagmiddag die Pumas ‘n oorwinning teen die Vrystaat in die 53ste o/18 Coca-Cola Cravenweekspan by St Stithians gekos.

Tot en met sewe minute voor die einde, was die uitslag van 42-41, in die Vrystaat se guns, nog in die weegskaal.

Dit was egter in hierdie tydperk waar die Vrystaatspan op al hulle silinders geseëvier het.

Hulle was vinnig uit die blokke met Arno Nieuwoudt, Janco van Heyningen en Rikus Pretorius wat drieë gedruk het.

Christopher Schreuder was met al drie doelskoppe suksesvol.

Stephan van der Bank

Een van die Pumas se goue spelers op die dag, Stephan van der Bank het in die vyfde minuut met ‘n strafskop deur die pale geslaag nadat die Vrystaat vir gevaarlike spel gestraf is.

Die voorpakspelers van die Pumas het na ‘n rolmaagbeweging deur die Vrystaat gestoomroller met Tiaan de Beer wat die bal op die doellyn kon pen.

Van Heyningen van die Rosestad is in die 22ste minuut na die stouthoekie, vir ‘n gevaarlike duikslag, gestuur.

Stephan van der Bank

Die koue Johannesburgse weer het klaarblyklik ‘n impak op die Pumas se onvermoë om aanvanklik aan die gang te kom, gehad met die spoedvraat Teboha Mosia wat ‘n drie gaan druk het.

Riekert Barnard se uitgee nes dié van Sonny Bill Williams het Mosia vir die Pumas se tweede drie gestuur. Van der Bank was met een doelskop suksesvol.

Die telling was 21-20 in die Vrystaat se guns.

Joao Christovam

“As jy so ver agter is, en teen rustyd met net een punt agter is, wys jou net dat die seuns karakter gewys het en nooit ophou speel het nie. Ons het geweet die Vrystaat is goed by die afbreekpunte en die voorspelers wat ons vir die wedstryd gekies het, het dit stadig gemaak,” het die afrigters Cobus van Dyk en Chris Mans gesê.

Vrystaat se Ruhann Greyling het by die doellyn besoek afgelewer en Schreuder het die verdere twee punte bygevoeg.
Agtsteman van die Pumas, Calvin Clack het ‘n deurbraak in die 48ste minuut gemaak en die bal na Van der Bank gestuur om onder die pale te gaan kuier.

Keaton Swart het die Pumas met ‘n systap geflous om die telling na 35-27 te rek.

Die “een vir my en een vir jou” stryd het voortgeduur met die Pumas se Prince Nkabinde wat die bal na Thabiso Mkwebane aangegee het om oor die doellyn te duik.

Marius Slabbert

Rikus Pretorius het die Vrystaat se sesde drie vanuit ‘n lynstaan gedruk.

Joao Christovam het ‘n tikskoppie in die lug gestuur met Nkabinde wat die bal perfek ingewag het, om die laaste vyfpunter vir die Pumas aan te teken.

Vrystaat se Marcel Theunissen, Mosai en Greyling het die verdere vyfpunters tot die Vrystaat se totaal in die laaste minute bygedra.

“Ons is baie opgewonde oor die seuns se prestasie na afloop van ons tweede wedstryd. Die doelwitte wat ons veral in Woensdag se wedstryd vir ons gestel het, het ons bereik. Die telling maak egter nie saak nie. Die seuns het tot hul volle potensiaal gespeel en daaroor is ons baie gelukkig,” het die afrigters gesê.

Puntemakers:

Pumas
• Drieë: Tiaan de Beer, Stephan van der Bank, Prince Nkabinde, Thabiso Mkwebane en Teboha Mosia (2)
• Doelskoppe: Stephan (4)
• Strafskoppe: Stephan (1)

Vrystaat
• Drieëmakers: Ruhann Greyling (2), Marcel Theunissen, Teboha Rampai, Anro Nieuwoudt, Keaton Swart, Janco van Heyningen en Rikus Pretorius (2).
• Doelskoppe: Christopher Schreuder (9).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button