Local sportSport

Swak verdediging kos Pumas

Die Pumas het vroeër vanmiddag in hul laaste kragmeting van vanjaar se O/18 Coca-Cola Cravenweek, by St Stithians in Johannesburg, die knie met 36-49 teen die SWD Arende, gebuig.

Hoërskool Nelspruit en flank van die Pumas, Renier Troskie het reeds in die vierde minuut van die kragmeting onder die pale, na ‘n dryfmaalbeweging gaan kuier.

Losskakel, Stephan van der Bank se skopskoen, wat deurgans die toernooi aan die brand was, het die drie verdoel en het net daarna ‘n strafskop van oor die 60m, die bal net regs van die pale, geklits.

Joao Christovam het in 14 minute later ook die doellyn gaan opsoek.

Die Pumas se swak verdediging het tot meeste van die Arende se drieë bygedra.

Die Arende se Sibusiso Vilani het sy span se eerste vyfpunter aangeteken met Emillio Otto wat die ekstra twee punte bygevoeg het. Skaars twee minute later, het James Mollentze ook ‘n drie gaan druk.

Stephan het met ‘n strafskop geslaag om die rustydtelling van 17-14 in die Pumas se guns te bring.

Een van die Pumas se beste spelers op die dag, Prince Nkabinde, het die eerste drie kort na die aanvangs van die tweede helfte gedruk.

Die Arende se Sibusiso het vir sy tweede drie oor die doellyn geduik.

Loskopstut van die Pumas, Banele Mthenjane het tot sy span se vierde drie bygedra om die telling na 29-21 te rek.

Arende se Daniel van der Berg het die punteverskil tot net een verklein na ‘n aangee van Lian du Toit.

Joshua Hermanus en Emillio se drieë het die telling na 42-29 vir die Arende vergroot met net vyf minute se speltyd oor.

Stephan het die Pumas se laaste drie van die wedstryd na ‘n losgemaal gedruk, maar dit was heelaas te laat om as oorwinnaars van die veld af te stap.

James het die laaste drie van die kragmeting gedruk om die Arende met 13 punte te laat seëvier.

“Ons kon die wedstryd gewen het, maar die spelers het nie die geleenthede gebruik wat na hulle kant toe gekom het nie,” het die hulpafrigter van die Pumas, Chris Mans gesê.

Pumas

Puntemakers

Drieë: Renier Troskie, Joao Christovam, Prince Nkabinde, Banele Mthenjane,  Stephan van der Bank

Doelskoppe: Stephan van der Bank (8)

Strafskoppe: Stephan van der Bank (3).

 

SWD Arende

Puntermakers

Drieë: Sibusiso Vilani (2), James Mollentze (2) , Daniel Van der Berg, Joshua Hermanus, Emillio Otto.

Doelskoppe: Emilio Otto (14).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button