Local sportSport

Bholi kry kans in beginspan

Voormalige Superrugby-speler van die OP Kings, Thembelani Bholi maak Saterdag sy debuut vir die Steval Pumas teen die Cell C Sharks op Growthpoint Kingspark in Durban.

Bholi oefen sedert Maandag by die Pumas en is tot die einde van die jaar by die Mpumalanga Rugby-unie (MRU) gekontrakteer.

Dié 27-jarige vervang Francois Kleinhans wat ‘n hou teen die kop gekry het en nie vir Saterdag se wedstryd beskikbaar is nie.

Ryan Nell sal vir die res van die seisoen sy spanmaats langs die kantlyn moet dophou, terwyl Nardus van der Walt ook na afloop van Sondag se Curriebeker-premierliga teen die Xerox Goue Leeus, ‘n fraktuur in sy gesig opgedoen het.

“Rugby vereis toewyding van die hele groep, so ons sien uit daarna om aan spelers wat honger is vir wedstrydtyd, die geleentheid te gee om te wys wat hulle kan bydra,” het die Pumas-breier, Brent Janse van Rensburg gesê.

Nog ‘n speler van die Kings, Chris Cloete kan ook heel moontlik in sy eerste wedstryd vir die Pumas op slot uitdraf.

Kaptein van die Pumas, Hennie Skorbinski skuif na buitesenter, terwyl JP Lewis in die beseerde Nell se plek begin.

Lambert Groenewald, wat Sondag van die plaasvervangersbank opgekom het, is in die beginspan ingesluit. Haker, Marko Janse van Rensburg sal die nommertwee-trui oor sy kop trek.

Die Haaie het die afgelope naweek ‘n reuse pak slae van 47-12 by die Toyota Cheetahs gekry.

Pumas
15. Gerrit Smith
14. Ruwellyn Isbell
13. Jerome Pretorius
12. Hennie Skorbinski
11. JP Lewis
10. Justin van Staden
9. Stefan Ungerer
8. Carel Greeff
7. Lambert Groenewald
6. Thembelani Bholi
5. Hugo Kloppers
4. Jeremy Jordaan
3. Pieter Scholtz
2. Marko Janse van Rensburg
1. Khwezi Mona
Plaasvervangers
16. Frank Herne
17. De-Jay Terblanché
18. Jannie Stander
19. Chris Cloete
20. Reynier van Rooyen
21. Sias Ebersohn
22. Devon Williams.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button