Local sportSport

Datum vir feesvieringe van BRK is vasgemaak

Barberton Rugbyklub (BRK) beoog om 'n Guinness-wêreldrekord teen die einde van 2018 aan te teken en vorder tans fondse in om hierdie doel te bereik. 

Die klub vier ook vanjaar hulle 120ste bestaansjaar en die datum vir die feesvieringe is bekendgemaak.

Vrydag 25 Augutus bied hulle ‘n gholfdag op Barberton se baan en die volgende dag word ‘n sewestoernooi gehou.

Besighede kan inkoop en spanne vir die toernooi inskryf. Maatskappye moet net ten minste drie van hulle eie werknemers in hulle spanne insluit. Indien hulle nie die nodige mannekrag het nie, kan van BRK se spelers ingespan word.

Meer as 10 sakeondernemings het reeds vir die sewestoernooi ingeskryf. Manne wat jare gelede al hulle rugbyskoene gebêre het, kan ontspan. Dit is net raakrugby (touch rugby) en spel is vyf minute aan ‘n kant.

Die prysuitdeling na afloop van die gholfdag, word by BRK gehou. Superrugby-truie van die Sharks en die Stormers wat deur al die spelers geteken is, word die aand opgeveil.

Die koste beloop R2 000 wat ‘n vierbal, etes, die spelers wat gaan gebruik word en die volgende dag se sewestoernooi insluit.

Pryse vir die span met die beste gees en drag staan ‘n kans om na die rugbydag pryse te wen. Daar sal trofeë aan die wenners van die beker, plate, boul en skild oorhandig word. Die span wat die gesogte beker omhoog hou, sal R2 000 in hulle sak steek.

Toeskouers kan na vermaak vir die jongspan, braaigeriewe en ‘n sokkie uitsien.

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die gholfdag en sewestoernooi is 21 Augustus. Navrae: Jaice Terblanche by 072-049-92101 of Hester du Toit by 083-490-6088.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button