Local sportSport

Rob veg tot die einde toe, maar tevergeefs

Rob Ferreira het erg kleigetrap en is na slegs 63 lopies uigeboul.

Hoërskool Rob Ferreira en Penryn College se junior krieketspanne het mekaar verlede week in die tweede wedstryd van die seisoen op laasgenoemde se veld die stryd aangesê.

Rob Ferreira het erg kleigetrap en is na slegs 63 lopies uigeboul. Penryn het hierdie telling vinning geëwenaar en in die proses slegs twee paaltjies verloor. Hulle het dus hierdie T20-kragmeting met agt paaltjies gewen.

Rob Ferreira se afrigter, Chris Louw sê, nieteenstaande die talle plaasvervangers wat vir siek spelers moes intree, Rob tot die einde toe goed teruggeveg het.

Louis de Kok het goed voor die paaltjies gelyk en het 17 lopies aangeteken. Christo Lewis was suksesvol as bouler en het minder as 10 lopies in sy beurte afgestaan.

“Daar is ruimte vir verbetering en hierdie jong span oefen kliphard saam met die afrigters om met elke T20-wedstryd te verbeter,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button