
Die 356 kleuters het vrolik met kaskarre, driewiele, goggabies, trollies en allerhande dinge wat met wiele werk, gery. Daar was altesaam 17 afsonderlike stasies waar elkeen na hartelus kon deelneem. Hierdie jaarlikse instelling bied die kinders ‘n geleentheid om te ontspan en hulle lyfies te beweeg. Hulle het ook heerlik aan yskoue roomyse gesmul.
Lees ook: Klein gimnaste toon groot potensiaal
Springkastele was opgeslaan en BUSCOR se klein bussie was ook daar om die kleingoed te vermaak.
Elke deelnemer is met ‘n welverdiende stokkielekker en ‘n Miertjie-memento aan die einde van die prettige dag bederf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!









