Local sportSport

Rob se o/15’s deur na halfeind van Virsekerbeker

Hoërskool Rob Ferreira se o/15-rugbyspan kom môre teen die verdedigende kampioene van die Virsekerbeker vir grootskole, Hoërskool Transvalia in die halfeind te staan.

Die span is einde Julie as die Mpumalanga-kampioene aangewys nadat hulle teen Hoërskool Piet Retief met 40-19 gewen het.

“Dit was ‘n harde wedstryd gewees, maar die seuns het koelkop gebly en net die spel gespeel soos ons geoefen het. Die paviljoen was gepak met Piet Retief-ondersteuners, maar dit het ons nie in ons skoene gestuit nie,” het die afrigter Albert Booyens gesê.

Ruben Botha se skopskoen was aan die brand en het vyf uit die ses drieë verdoel.

Norman Simpson, Gift Dankie, Surprise Nkosi, Vuyo Ndlovu, Vusi Ndlovu en Markus Klopper het onder die doellyn gaan kuier.

“Die seuns weet dat enige pad sonder God doelloos is en hulle speel tot eer van God en vir hulle spanmaats. Ons is trotse Robbies en aan Robbie-guts is daar nie ‘n tekort nie.”

Na die oorwinning, het die o/15’s in die kwarteind van die Virsekerbeker teen Hoërskool Merensky te staan gekom en die besoekers met 53-5 vermorsel.

Die span is hierdie seisoen na 14 wedstryde steeds onoorwonne en het oor die laaste twee jaar nog net een wedstryd verloor.

Hulle het verlede jaar tot die eindstryd van die Virsekerbeker deurgedring, maar teen die einste Transvalia met 35-19 vasgeval.

Môre se wedstryd word om 09:30 op Rob se veldgespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button