Local sportSport

NHS se juniors val vas, Rhinos vanmiddag in kwarteind in aksie

Die KMI Airport Rhinos kom om 14:00 in die halfeindtryd van die Virsekerbeker teen Hoërskool Centurion op NHS se tuisveld te staan.

Dr. EG Jansen se o/16 A-rugbyspan het Hoërskool Nelspruit Saterdag in die halfeindronde van die Virsekerbeker op Nelspruit se tuisveld geklop.

Albei spanne het skitterend gespeel met die oog op die eindstryd, die komende naweek.

Met ‘n eindtelling van 19-13 het die besoekers behoorlik feesgevier toe die eindfluitjie geblaas het.

EG Jansen se agtsteman, Franco Enslin het spel vanuit die boonste rakke gelewer en met twee puik drieë gespog.

Chyle van Zyl.

NHS se haker, Chyle van Zyl, het ‘n ongelooflike wedstryd in die verdediging gehad en was ook een van NHS se puntemakers.

Met ‘n rustydtelling van 7-3 in EG se guns, was NHS onderdruk om in die tweede helfte met alle mag terug te baklei, maar EG se spel het ook verbeter en het nog twee uitstekende drieë gedruk terwyl NHS ook twee keer onder die pale gaan kuier het.

Die tuisspan se Jessie Bester (flank) en Liaan Nagel (slot) was ook goud werd vir hulle span.

NHS het tot die einde toe hulle harte uitgespeel en Reenen Combrink (slot) het in die laaste sekondes ‘n drie gaan druk, maar dit was helaas nie genoeg om die wedstryd te wen nie.

NHS se o/14’s was ook Saterdag in die halfeindstryd in aksie, maar moes ook die knie teen Hoërskool Zwartkop met 3-24 buig.

“Wat ‘n voorreg om as ‘n plattelandse skool aan die halfeind van die Virsekerbeker te kan deelneem. Die eerste span het beslis ‘n produk geword waarvan daar rekenskap gehou moet word. Vandag is ‘n eindtryd. Dissipline gaan ‘n groot rol speel en die span met die minste foute maak, gaan as wenners uit die stryd tree. Centurion is ‘n baie goeie span en ook passievol. Ons onderskat hulle nie,” het die afrigter van die Rhinos Gerhard Holtzhausen gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button