NHS dring deur na eindstryd, Kaplan as skeidsregter aangewys
Hoërskool Nelspruit kom Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Monument in die eindstryd van die Virsekerbeker te staan.
Jonothan Kaplan sal Saterdag se kragmeting tussen die KMI Airport Rhinos en Monnas behartig.
Die Rhinos het gistermiddag met Hoërskool Centurion met 45-7 afgereken terwyl Monnas in ‘n naelbyter Hoërskool Garsfontein met 31-24 geklop.
Die laaste keer wat ‘n internasionale skeidsregter in beheer van die kompetisie se eindstryd was, was in 2011 toe Mark Lawrence die fluitjie vir die kragmeting tussen Waterkloof en Florida geblaas het. Klofies het die wedstryd destyds met 41-21 gewen. Andre Watson het ook van 1995 tot 2000 elke jaar die Beeldtrofee se eindstryd hanteer, berig School of Rugby.
Saterdag se program (al die wedstryde word op NHS se velde beslis)
• O/14 – Zwartkop vs. Menlopark, 09:00
• O/15 – EG Jansen vs. Monnas, 10:15
• O/16 – EG Jansen vs. Menlopark, 11:30
• Eerstes – NHS vs. Monnas, 13:00.
