Local sportSport

Ebersohn beseer, Marais terug vir Curriebekerstryd

Steval Pumabreier, Brent Janse van Rensburg het twee veranderinge aan sy span wat Sondag met die Tafel Lager Griekwas met 27-21 afgereken het, vir vanaand se Curriebekerkragmeting teen die Vodacom Blou Bulle, aangebring. 

Marko Janse van Rensburg vervang vir Mark Pretorius in die beginspan op haker terwyl Kobus Marais in die plek van die beseerde Sias Ebersohn in die nommer 22-trui sal opdraf.

Ebersohn het sy boarmspier teen die Griekwas geskeur.

Die Pumas en die Bulle het mekaar reeds twee keer vanjaar ontmoet met die Pumas wat albei kragmetings gewen het.

Kobus Marais.

Janse van Rensburg het Dinsdag in ‘n perskonferensie gesê dat hulle die week op die herstel gefokus het na afloop van die rit na Kimberley.

“Ons het onnodige omgekeerde balbesit weggegee. Ons moet meer geduldig wees wanneer ons met die bal in hand speel. Later in die spel het ons ons voet van die pedaal afgehaal en die Griekwas die geleentheid gegee om terug in die wedstryd te kom. Die spelers het goed verdedig en baie karakter getoon.”

Janse van Rensburg het verder gesê dat die Bulle ‘n span met baie ervaring is, veral met die dat John Mitchell onlangs by die span as afrigter aangesluit het.

“Om op ons tuisveld te speel is altyd ‘n groot voorreg en die spelers is opgewonde om voor hulle eie skare te speel.”

Sedert 1997, het die Pumas nog net twee wedstryde teen die Bulle in die Curriebeker gewen – die eerste in 2001 en die tweede in 2010.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button