Gholfdag versterk gemeentekoffers
Kambaku Gholfklub se baan was volbespreek vir die Nederduitsch Hervormde Kerk Malelane se gholfdag op Vrouedag.

Die Nederduitsch Hervormde Kerk Malelane het vir die eerste keer hulle gholfdag in Komatipoort gehou en die organiseerders en borge, Vodacom en Ford Nelspruit het gesorg vir ‘n baie suksesvolle geleentheid.
Ds. Kiewiet van Deventer het gesê dat hulle oorstelp was deur die ontvangs, ondersteuning, verwelkoming, die baan en die gesindheid van die mense wat hulle by die gholfklub ervaar het.
Die spelers en klublede, asook die borge is bedank. Spelers is op gratis eet- en drinkgoed asook geskenkies by sommige van die putjies getrakteer.
LEES: Gholfspelers slaan af ten bate van dogtertjie
Voor die prysuitdeling het Van Deventer die veiling waargeneem en items soos wyn, rooibokke, naweke in Mosambiek, die Drakensberge en Onderberg, ‘n ervaring met olifante en ‘n helikopterrit het onder die hamer gekom.
Spelers kon ook ‘n rooibal koop en so ‘n ekstra prys wen.
Werner Swanepoel, bemarkingsbestuurder van Vodacom Mpumalanga, het gesê dat dit belangrik vir die maatskappy is om in die gemeenskap terug te ploeg. “Ons wil graag aan ons kliënte wys dat ons hier is en in hulle belangstel.”
READ: Golf training helps uplift and empower youngsters
Die wenners van die dag was Piet Maritz en skoonseun Hein Vorster met 53 punte. Werner van Dyk en Steve Rautenbach was tweede met 52 punte en Johan Basson en Danielle Bosch derde met 52 punte.
Langste dryfhoue
Mans: Regardt Scholtz
Dames: Annelise Burger
Naaste aan die penne:
Putjie 5 – Danie du Preez
Putjie 8/16 – Werner Swanepoel.
Wenners van die rooibalkompetisie
George Muller, Roelf Fritz, Bok Jansen van Vuuren en Kevin Britz.







