Local sportSport

Oefensentrum in die buitelug ‘n eerste vir provinsie

Laerskool Laeveld se tema vir 2017 is "Droom Groot". 

Adjunkhoof, Judy van Dijk het twee jaar gelede die droom gehad om ‘n buitelugoefensentrum by die skool op te rig. Dit is die eerste in Mpumalanga.

Hoofborg Zirk Spruyt van Westend SUPERSPAR saam met Brett Calvert (RCL Foods), Frans Spruyt (McDonalds), Marius Nel (KMI Airport) en Roland Turvey (Lowveld Packaging) het by die projek betrokke geraak en so het die sentrum ontstaan.

Roland Stoltz.

Ouers doen aansoek vir ‘n Westend SUPERSPAR-lojaliteitskaart wat aan die skool gekoppel is. Op grond van alle aankope deur Laerskool Laeveld se ouers waarby hulle hul kaarte gebruik, word ‘n hoeveelheid punte aan die skool toegestaan.

Die belonings kom dan terug na die skool toe sodat nog ‘n oefenapparaat aangekoop kan word.

Westend SUPERSPAR het die eerste fase van R101 346 geborg en dit staan vandag as die Westend SUPERSPAR Buitelugoefensentrum bekend.

Amoré Lindeque.

Fase twee, R96 900, is onderskeidelik deur McDonald’s, KMI Airport, Lowveld Packaging en RCL Foods geborg.

“Dankie vir die gemeenskap se onbaatsugtige diens en vir julle bydrae. Ons harte is dankbaar,” het die hoof van Laeveld,  Theo Kruger gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button