Local sportSport

Laeveld-ruiters saal op vir SA Kampioenskappe

Klein Zané Flemix van Laerskool Nelspruit is een van 10 plaaslike ruiters wat Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in die eerste week van Oktober by Kyalami gaan verteenwoordig.

Zané gaan in sewe klasse op Penny Black in aksie wees terwyl Marece Fourie, ook van Nellies, in ses klasse op Alexander om die SA Kampioenskappe se titel gaan meeding.

Ruiters moes vanjaar aan vier kwalifi-serende kompetisies deelgeneem en in elke klas waaraan hulle deelgeneem het, in die eerste twee plekke geeïndig het om vir die span in aanmerking te kom.

Altesaam 80 van die land se topruiters gaan vir glorie aan die SA’s deelneem.

Plaaslike ruiters wat in die Mpumalanga-span ingesluit is
• Zané Flemix – Laerskool Nelspruit
• Shaunice Eggersglusz – Curro Nelspruit
• Caitlin Davids – Uplands Prep
• Marece Fourie – Laerskool Nelspruit
• Jenna Murray – Uplands College
• Taylor Dedekind – Penryn College
• Mieke Slabbert – NHS
• Anisca Smit – Curro Nelspruit
• Jana Engelbrecht – NHS
• Jacomie van den Berg – Curro.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button