Local sportSport

Nóg ‘n goud vir Laeveld se voorste kanovaarder

Een van ons land en die Laeveld se topkanovaarders,Gustav Smook snr. het by die onlangse Suid-Afrikaanse Kampioenskappe ‘n goud saam met sy spanmaat, MichaelStewart in die K2-marathon verower.

Dit het onlangs by Camps Drift in Pietermaritzburg plaasgevind – die 2017 wêreldkano-marathonkampioenskappe sal ook op die rivier aangebied word.

Die eerste twee bote in elke kategorie kwalifiseer om na die kampioenskappe deur te dring wat in September plaasvind.

Gustav jnr. en sy spanmaat was ook op die waters is aksie, maar het probleme met hulle boot opgetel nadat hulle op ‘n stadium in die tweede plek gelê het. Hulle het ‘n sesde plek verower.

Gustav snr. en Stewart het in die submeesterkategorie deelgeneem en met ‘n wentyd van 01:42:80 – ses minute voor Stuart Roberts en Mike Stevens – wat tweede geëindig het, oor die eindstreep gevaar.

Die wedren het uit agt rondes van 30 kilometer bestaan.

Hulle sal in September die Proteaspan by die Wêreldkampioenskappe verteenwoordig.

Wikus Loots en Collin Turner was ook oorspronklik in die Gautengspan opgeneem, maar was nie in Pietermaritzburg in aksie nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button