Jongspan trek saam vir krieketdag
Groentjies van 10 skole in die omgewing het onlangs aan Laerskool Witrivier se krieketdag deelgeneem.

Dertig spanne en meer as 200 spelers het twee wedstryde elk gespeel waarin hulle elk ses balle met die kolf aangedurf en ses balle geboul het.
Whities, Curro Nelspruit en laerskole Laeveld, Numbi, Sabie, Lydenburg en Malalane se gr. 1- en 2-leerders het gewys waartoe hulle in staat is, terwyl Noddy, Witrivier Pre-primary, Bosvolkies en Lydenburg-kleuterskool ook by die dag betrokke was.
Lees ook: Jongspan gee hul beste op die krieket- en hokkieveld
Die agt mini-krieketvelde waarop die maats gespeel het, is na van die Proteas se beste spelers, Quinton de Kock, Morné Morkel, Hashim Amla, JP Duminy, Vernon Philander, Faf du Plessis, Kagiso Rabada en AB de Villiers vernoem.

