Local sportSport

Engelbrecht, Marais is terug in 15-tal

Twee Steval Pumas-staatmakers, die losskakel Justin van Staden en die losvoorspeler, Francois Kleinhans is nie beskikbaar vir vandag se Curriebekerstryd op Emirates Airline-park teen die Xerox Goue Leeus nie.

Die afrigter, Brent Janse van Rensburg moes noodgedwone aan sy wenkombinasie van die afgelope twee weke verander en het op Kobus Marais en Willie Engelbrecht se knoppies gedruk. Van Rensburg het ook twee veranderinge aan sy reserwebank gemaak deur Chris Cloete en die voormalige Sharks-speler, Neil Maritz in te sluit.

Neil Maritz.

Engelbrecht is ‘n regstreekse plaas-vervanger vir Kleinhans in die nommer agt-trui. Van Staden en Kleinhans het albei harsingskudding in die Pumas se oorwinning oor die Blou Bulle opgedoen.

Die Pumas sal graag momentum wil behou na agtereenvolgende oorwinnings oor die Griekwas en die Bulle – ‘n teenstander wat hulle in die eerste ronde van die kompetisie geklop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button