Local sportSport

Kruger wéér hoofafrigter van SA-stoeispan

Afrigter van Nelspruit Stoeiklub (NSK), Hansie Kruger is reeds saam met die Suid-Afrikaanse stoeispan in Athene, Griekeland ter voorbereiding vir die Wêreld-Kadet-kampioenskappe wat vandag afskop.

Dit is nie die eerste keer wat Kruger as hoofafrigter saam met die nasionale span toer nie. Hy het vroeër vanjaar die span na Marokko vir die Afrika-kampioenskappe vergesel.

Kruger het saam met die span op 21 Augustus na Griekeland vertrek, waar hulle met ‘n internasionale kamp besig was.

Vier van die land se topstoeiers, Edrich Nortje, Francois Rossouw, Ruan Botha en Jaques Kriel sal op die mat teen meer as 50 lande in aksie wees.

Fernando Booysen, wat ook in Athene is, het ook die kamp bygewoon, maar is aangeraai om nog ‘n jaar te wag voordat hy teen die wêreld se bestes te staan kom.

Bogenoemde stoeiers het elk goud in Marokko in hulle onderskeie afdelings verower.

“Fernando is ‘n wêreldklasstoeier, maar dit sal beter vir hom wees om nog ‘n jaar te wag. Die manne is reg. Ons vertrek vandag na die middestad waar ons aan ons laaste voorbereidings sal aandag gee,” het Kruger vanuit Athene gesê.

Die kampioenskappe duur tot 11 September.

Die stoeiers neem in die volgende afdelings deel
• Edrich Nortje – o/58kg
• Francois Rossouw – o/63kg
• Ruan Botha – o/76kg
• Jaques Kriel – o/85kg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button