Els sleep ‘n nege-ton-trok
Liggaamsbouer, Tessa Els het Sondag by die Mpumalanga Skou 'n nege-ton-trok 25 meter ver gesleep.
Sy het 13 jaar gelede dieselfde kragtoer uitgevoer.
Johan Els, die 2016 Arnold Classic Amateur-kampioen en wêreld se sterkste man, het ‘n demonstrasie by die skou gehou.
“Ek het glad nie beplan om ‘n trok te sleep nie. Ek het Johan Saterdag ontmoet en vir hom gesê dat ek graag die trok wil sleep. Dit was ongelooflik lekker en ek sal dit geniet om volgende jaar in sulke kompetisies deel te neem.”
Els sal ook by die Agfo Skou, wat eersdaags by Casterbridge gehou word, in aksie wees. Sy het nie vanjaar aan Nabba-kompetisie deelgeneem nie om haar lyf ‘n ruskans te gee en volgende jaar in top-kondisie te wees. Els het Sondag ook ‘n Nissan MP 200 van 170kg opgetel.

Haar man, Piet het ook die bakkie met 15 kinders wat agterop gesit het, gelig.

