Gholfspelers troef sterk winde om kleuterskool te ondersteun
Onderbergse-gholfspelers het al bewys dat min uiterste weersomstandighede hulle van die gholfbaan kan afhou nie en dieselfde uithouvermoë het gegeld tydens Lien se Kleuternes se onlangse gholfdag.
KOMATIPOORT – Sterk winde het dinge moeilik gemaak vir spelers wat op 2 September aan Lien se Kleuternes se jaarlikse gholfdag by Kambaku Gholfklub deelgeneem het.
Andersins was die weer heerlik koel en het die borge gesorg dat daar goeie pryse op die spel was.
Die skool het al die borge hartlik bedank en hul waardering uitgespreek vir hul mooi gesindheid teenoor die skool.
Uitslae:
Langste dryfhou
Dames: Tarryn Maritz
Mans: Mark Schultz
Naaste aan die penne
Putjie 8/16 – Janette Maritz
Putjie 18 – Jaques Venter.
Langste dag
Hes Ferreira en Zuna Enslin
Eerste: Meyer Horn en Jaco Botha met 51 punte
Tweede: Pieter Maritz en Hein Vorster met 50
Derde: Chris Coetzee en Danny Cato met 48
Vierde: Neels Venter en André Nel met 46
Vyfde: Ricky Coetsee en Anton Nortjé met 43 punte.
Die wenner van die kruideniersware-kruiwa was Angelique Swart, en Burt Meyer het die kruiwa vol voggies gewen.













