Louw in Auckland, Kmbirai begin op stut
Losskakel van DHL Westelike Provinsie, Damian Willemse is in die beginspan vir vanaand se Curriebeker-kragmeting teen die Steval Pumas ingesluit.
Daar was groot kommer in die WP-kamp nadat Willemse ‘n hou teen die ribbes gekry het na die Kapenaars se wegholsege van 57-14 oor die Toyota Vrystaat Cheetahs.
Robert du Preez het verlede naweek enkele minute speeltyd gekry met die dat hy vir lank las van ‘n besering gehad het. Du Preez sal egter heel moontlik van die plaasvervangersbank af speel.
Vaskopstut, Wilco Louw is verlede week in die beseerde Coenie Oosthuizen, om vir die Springbokke, wat komende naweek in die Castle Lager Rugbykampioenskappe teen Nieu-Seeland te staan kom, diens te doen. Louw word deur Michael Kumbirai vervang.
Die enigste verandering in die agterlyn, is die Blitsbok Seabelo Senatla wat in die plek van voormalige Hoërskool Nelspruit-leerder, Werner Kok in die beginspan ingesluit is. Kok skuif na die plaasvervangersbank toe. Senatla het die kragmeting teen die Vrystaat weens ‘n besering misgeloop.
JC Janse van Rensburg sal die nommer een-trui oor sy kop trek met Ali Vermaak wat vanaf die plaasvervangersbak sal opdraf. Caylib Oosthuizen is terug in die 22-tal nadat hy nie vir verlede week se stryd beskikbaar was nie.

Kobus van Dyk en Dan Kriel sal ook vanaand se kragmeting misloop.
Mits die DHL Westelike Provinsie vanaand se Curriebekerkragmeting teen die Steval Pumas wen, sal hulle die verdedigende kampioene, Toyota Vrystaat Cheetahs in die tweede plek op die punteleer verbysteek.
Die Kapenaars het drie Blitsbokke, Senatla, Ruhan Nel en Kok in hul geledere en ‘n verdere twee Springbokke, die agtsteman Nizaam Carr en skrumskakel Jano Vermaak.

Sedert 1997, het die Pumas en WP 20 Curriebekerkragmetings teen mekaar gespeel met die WP wat 19 wedstryde gewen het.

