Voormalige Springbok terug na 16 maande
Voormalige Springbok, Hilton Lobberts, wat verlede jaar sy rugbyskoene, weens 'n skouerbesring moes wegpak na afloop van 'n Superrugbystryd tussen die Cheetahs en die Rebels in Melbourn, maak vanaand sy terugkeer na die veld.
Dié flank het in die week by die Steval Pumas aangesluit en sal tien teen een sy buiging vir die Steval Pumas se Curriebekerstryd teen die DHL Westelike Provinsie maak.
Leenspeler van die Xerox Goue Leeus, Selom Gavor het ook hierdie week saam met die Pumas begin oefen en kan ook sy buiging vir die pienktruie maak.

Stefan Ungerer wat die Pumas se kragmeting teen die Cell C Sharks, weens harsingskudding wat hy teen die Xerox Goue Leeus opgedoen het, is terug in die 22-tal. Ungerer vervang vir Reynier van Rooyen op skrumskakelwat van die plaasvervangersbank af sal opdraf.
Gerrit Smith wat ook nie vir die Sharks se kragmeting beskikbaar was nie, sal die nommer 13-trui oor sy kop trek. De-Jay Terblanche (stut) en Cameron Lindsay (flank) maak plek vir Khwezi Mona en Hugo Kloppers.
Chris Cloete wat as die speler van die wedstryd teen die Sharks aangewys is, sal vir die volgende drie weke nsy spanmaats van die kantlyn af moet dophou, nadat hy ‘n graad twee skeer aan sy skouer opgedoen het.

Pieter Scholtz sluit aan die einde van Oktober by die OP Kings aan en die Mpumalanga Rugby Unie moes noodgedwonge ‘n paar spelers van ander unies betrek. Andrew Beerwinkel (Leeus) het ook die week by die Pumas aangesluit.
Jeremy Jordaan wat nog Augustus vir die Pumas uitgedraf het, het in die Rosestad by die Cheetahs aangemeld.
JP Lewis, wat deel van Rugby365 se Curriebeker-droomspan na afloop van die Sharksstryd was, het las van ‘n enkelbesering. Theo Maré, Sias Ebersohn en Devon Williams word ‘n ruskans gegun.
Die twee spanne het mekaar vroeër vanjaar in die SuperSport-rugbyuitdaagtoernooi op Nuweland ontmoet met die WP wat met 34-19 geseëvier het.

