Elf van NSK dring deur na proewe
'n Handjie vol atlete van Nelspruit Stoeiklub (NSK) gaan eerskomende naweek aan die proewe vir die Suid-Afrikaanse-Jeugkampioenskappe, wat in Secunda beslis word, deelneem.

Bioné Kleynhans, Shilo Mathane, Triston Kleynhans, Joshua Devine, Christo Nagel, Stefan Kruger, Franco Neuhoff, Jean Erasmus, Basie Mathane, Vee-André Swanepoel en Carl Myburgh het onlangs aan die Mpumalanga Stoei Vereniging se Streekkampioenskappe verteenwoordig waar elk van die stoeiers ‘n podiumplek behaal het.
Stoeiers van Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Oos-Gauteng het sake op die mat uitgespook.
“NSK se stoeiers het fantasties gevaar en dit is vir ons as klub ‘n groot eer om te kan sê dat van die 11 stoeiers wat ons gestuur het, elk ‘n medalje verower het. Baie sterkte aan elkeen van julle wat die naweek gaan deelneem,” het NSK se waarnemende sektretaris, Tanya Kleynhans gesê.
So het die stoeiers presteer
• Shilo Mathane – goud
• Triston Kleynhans – goud
• Joshua Devine – goud
• Christo Nagel – goud
• Stefan Kruger – goud
• Franco Neuhoff – goud
• Jean Erasmus – silwer
• Basie Mathane – silwer
• Vee-Andrè Swanepoel – silwer
• Carl Myburgh – brons.

