Local sportSport

Distrik se slimkoppe op pad na SA toernooi

Deelnemers moet aan ten minste drie federasietoernooie deelneem, om vir die span te kan kwalifiseer.

Die span wat die Ehlanzeni-distrik in die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe in Januarie 2018 sal verteenwoordig, is onlangs aangekondig.
Deelnemers moet aan ten minste drie federasietoernooie deelneem, om vir die span te kan kwalifiseer. Die spelers se prestasie deur die jaar, saam met dié in die De Goede-toernooi, is in berekening gebring.
Verlede naweek is die laaste wedstryd van die Laeveldse Ope ABC Toernooi oor twee dae by Hoërskool Rob Ferreira aangebied.
Hoewel dit nie verpligtend was nie, was dit die laaste geleentheid vir spelers om genoeg punte in te palm om vir die span in aanmerking te kom.
Ope kategorie
• Matsobane Mailula – 2 057
• Brighton Mthunzi – 1 814
• Banele Mhango – 1 986.
A-kategorie
• Yaduvir Govender – 1 262
• Lulama Zondo – 1272
• Pierre Janse van Rensburg – 1 098.
B-kategorie
• Ian Mcdonald – 1 075
• Penwell Mavuso – 1 008
• Nicholis Grobler – 1 017.
C-kategorie
• Petrie van der Merwe – 1 416
• Nathan Cooper – 740
• Christopher Crous – 679.
D-kategorie
• Khothatso Khasake – 776
• Joshua Hinrichsen – 788
• Junior Alali – 781.

Also read: Local greenie protects landmark Natal fig tree

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button