Local sportSport

Kruger se stoeiers maak opspraak in Griekeland

Edrich Nortje (o/58 kilogram) en Francois Rossouw (o/63 kilogram), wat Suid-Afrika by die Wêreld Kadetkampioenskappe in Athene, Griekeland verteenwoordig het, het onderskeidelik 'n negende en 'n vyfde plek behaal.

Hansie Kruger van Nelspruit Stoeiklub (NSK) het vier van die land se topstoeiers as hoofafrigter vergesel. Ruan Botha (o/76 kilogram) en Jacques Kriel (o/85 kilogram) was ook deel van die SA span.

Dit is die eerste keer sedert 2010 dat twee SA stoeiers onder die top-10 geëindig het.

“Die uitslae wat die stoeiers behaal het, is ‘n groot deurbraak vir stoei in ons land. Ek is geweldig trots op die manne en hulle het gewys dat Suid-Afrika nie hoef terug te staan vir die res van die wêreld nie,” het Kruger gesê.

Dit was nie die eerste keer wat Kruger as hoofafrigter saam met die nasionale span getoer het nie. Hy het vroeër vanjaar die span na Marokko vir die Afrika-kampioenskappe vergesel.

Francois het in die eerste ronde teen ‘n stoeier van Japan vasgeval, maar het daarna ‘n atleet van Bulgarye met 4-3 geklop.

Francois Rossouw.

Hy het teen ‘n stoeier van Amerika vir die bronsmedalje te staan gekom, maar die Amerikaner was te sterk vir die Suid-Afrikaner.

Edrich het sy eerste geveg teen ‘n Saoediër met ‘n val gewen, maar het die tweede ronde teen Turkye met 0-10 verloor.

Edrich Nortje.

Ruan het algheleel 21ste gekom terwyl Jacques ‘n 23ste plek behaal het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button