Local sportSport

Nellies maak skoonskip in krieket-liga

Laerskool Nelspruit se Chippo's-eerstekrieketspan het verlede Woensdag Curro Nelspruit se eerstes met agt paaltjies geklop. 

Nellies het die loot gewen en besluit om Curro eerste in te stuur. Curro is vir 89 lopies uitgehaal. Beste bouler vir Nellies was Joshua Louw met drie paaltjies vir twee lopies in vyf beurte.

Ulrich Cilliers. Foto: Johan Orton

Nellies het die telling van 89 in die 12de beurt met slegs twee paaltjies plat, verby laat gaan. Hulle beste kolwer was Luan Strauss met 31 lopies van 30 balle. Hierdie talentvolle o/13-groep van Nellies is almal ingeskryf by Hoërskool Nelspruit in 2018 waar hul deel gaan vorm van Johan Rudolph se krieket-akademie om hulle vaardighede verder te slyp. Die res van Laerskool Nelspruit se junior krieketspanne het ook gemaklik met Curro afgereken.

Paul Harley. Foto: Johan Orton

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button