Local sportSport

Stefan, Basie kwalifiseer vir twee top-toernooie

Stefan Kruger, Basie Mathane en Vee-André Swanepoel het die finale span gehaal wat 28 Oktober in die Noordvaal-kampioenskappe in die Menlyn-stoeisaal, Pretoria gaan stoei.

Tien van Nelspruit Stoeiklub (NSK) se lede is ook onlangs tydens proewe in Secunda vir die provinsiale span gekies wat op 6 en 7 Oktober aan die Streeks- en Suid-Afrikaanse Jeugkampioenskappe in Turffontein, Johannesburg gaan deelneem.

Hulle is Shiloh Mathane, Stefan Blom, Carl Myburg, Stefan, Jean Erasmus, Basie, Joshua Devine, Triston Kleynhans, Simon Odendaal en Bioné Kleynhans.

Nelspruit Stoeiklub se stoeiers wat aan die Streeks- en Suid-Afrikaanse Jeugkampioenskappe gaan deelneem.

Tydens elke toernooi van die Mpumalanga Stoeivereniging kry die Pumatjies (o/6-o/8) die geleentheid om te wys wat in hulle steek.

“Die stoeiers het uitstekend gevaar. Daar is heelwat talent wat na vore tree en ons as klub is baie opgewonde oor die toekoms, veral van die kleintjies. Steve (Devine), Louwtjie (Erasmus) en die nuwe afrigters van ons klub het goeie werk met die stoeiers gedoen,” het hoofafrigter van NSK Hansie Kruger gesê.

Devine het as hoofafrigter waargeneem terwyl Kruger die Suid-Afrikaanse span na die Wêreld Kadetkampioenskappe in Athene, Griekeland vergesel het,

“Hy het die oefenprogram nougeset gevolg en die stoeiers is in baie goeie vorm.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button