Local sportSport

Internasionale-toernooi wink vir Pumas

Die Steval Pumas kan heel moontlik volgende jaar deel van die Anglo-Welshbeker wees, wat Europese topspanne soos die Saracens, Gloucester en Wasps insluit. 

‘n Finale besluit oor die Pumas se deelname aan dié toernooi word volgende week tydens SA Rugby se algemene vergadering bekend gemaak.

Mpumalanga Rugby Unie (MRU) se Hein Mentz (president), Pieter Burger (hoof- uitvoerende beampte) en Kenny Sonnekus (raadsvoorsitter) sal die unie in Johannesburg verteenwoordig.

“Daar is al geruime tyd sprake dat die Pumas sowel as Griekwas franchise-status kan kry. Dit sal beteken dat die spanne aan internasionale toernooie, soos die Anglo-Welschbeker kan deelneem. Ons is vol vertroue dat ons wel vir die kompetisie sal kwalifiseer,” het Burger gesê.

Die MRU het onlangs die besluit geneem om ‘n pos, direkteur van rugby, te skep wat die tenderproses om aan internasionale toernooi deel te neem, sterker maak.

“Die besluit om só ‘n pos te skep, is veral belangrik as die tender suksesvol is. Alle ander gevestigde franchise-unies het so ‘n pos in hulle struktuur,” maan Burger.

Die sperdatum vir die aansoeke vir die pos, direkteur van rugby was 11 September maar is na Sondag verleng.

Laevelder het van ‘n betroubare bron verneem dat die voormalige breier van die Austin Huns Rugbyklub, Eugene Eloff in gesprek met die MRU oor die pos getree het.

Hy het glo die aanbod van die hand gewys. Daar is ook sprake dat Robbie Kempson in die pos belangstel.
Burger kon egter nie die gerugte bevestig nie.

Die MRU is tans besig met onderhandeling om spelers soos Shaun Reynolds (Leeus) en Andrew Beerwinkel te teken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button