Local sportSport

MRU se franchise-status word binnekort bekendgemaak

Daar sal binne die volgende ses weke 'n finale besluit deur SA Rugby geneem word of die Mpumalanga Rugby-unie (MRU) franchise-status gaan kry.

MRU se Hein Mentz (president), Pieter Burger (hoof- uitvoerende beampte) en Kenny Sonnekus (raadsvoorsitter) het Woensdag SA Rugby se algemene vergadering in Johannesburg bygewoon.

“Ek sal binne die volgende week die nodige papierwerk by SA Rugby inhandig. Die beginsel vir nog twee rugby unies om as ‘n franchise geklassifiseer te word (MRU en Griekwas) is deur al 14 unies goedgekeur. Die volgende paar weke gaan stresvol wees, maar ons is vol vertroue dat die tenderproses suksesvol sal wees,” het Burger gesê.

Tydens die vergadering is die Curriebekerformaat vir 2018 bespreek.

Dit bly dieselfde, maar daar moet nog bepaal word of daar dubbel- of enkelrondes gespeel gaan word. Die formaat kan moontlik vanaf 2019 verander met dié dat van Suid-Afrika se rugbyspanne aan internasionale toernooie kan deelneem.

Daar is nog onsekerheid oor die deelname van die Griekwas en Pumas aan die Anglo-Welshbeker. Die besluit sal voor die einde van die jaar gefinaliseer word.

“Vir rugby in ons land sal dit ‘n stap in die regte rigting wees. Jurie (Roux, hoof- uitvoerende beampte van SA Rugby) het ook tydens die vergadering gesê dat Suid-Afrika ‘n goeie kans staan om die Rugby Wêreld-beker in 2023 aan te bied.”

Ierland en Frankryk het ook ‘n aanbod ingedien om as gasheer vir die rugby-skouspel aangewys te word.

Wêreld Rugby sal op 15 November die gasheerland aankondig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button