Local sportSport

Skukuza wen tuiswedstryd teen Komati

Die jaarlikse krieketwedstryd tussen Komatipoort en Skukuza het soos gewoonlik heelwat opwinding veroorsaak.

Die jaarlikse kragmeting tussen Skukuza en Komatipoort se krieketspanne was Saterdag in die Kruger Nasionalewildtuin en die tuisspan het hierdie jaar geseëvier.

As gevolg van vogtigheid in die lug en bewolkte omstandighede, het die bal baie geswaai en dus het die boulers getriomfeer.

READ: Komati kraai koning tussen die vlakvarke in Skukuza

Komati het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. ‘n Totaal van 162 lopies is aangeteken nadat almal uitgeboul is. Skukuza het in hul beurt die telling bereik met twee paaltjies staande.

Uitblinkers vir Skukuza was Jandré Geldenhuys wat 57 aageteken het.

In die Komatipoort-span het Tristan Parnell 65 lopies aangeteken. Billy van Niekerk het twee uitgeboul vir 15, terwyl Pieter van der Bank twee vir 22 uitgehaal het.

Kyk na foto’s van die aksie:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button