Local sportSport

Noodgedwonge veranderinge aan wenresep

Breier van die Tafel Lager Griekwas, Peter Engeldow het nie veel verandering aan sy span aangebring, wat Saterdag in Kimberley verras het toe hulle die verdedigende Curriebekerkampioene, die Toyota Vrystaat Cheetahs met 59-23 verslaan het.

Die Poubloues het voor en met die kragmeting teen die Cheetahs, hul laaste vyf wedstryde verloor.

Linker vleuel, Enver Brandt is nie vir vandag se kragmeting teen die Steval Pumas, weens familie verpligtinge, beskikbaar nie. Conway Pretorius is ook nie saam met die span in Mbombela nie nadat hy sy enkel teen die Cheetahs beseer het.

Kyle Steyn, wat die nommer 14-trui teen die span van die Rosestad gedra het, skuif na linkervleuel toe met Ederies Arendse wat op regter vleuel sal begin.

De Wet Kruger (agtsteman) en Wandile Patuma (slot) wat van die plaasvervangersbank teen die Cheetahs opgedraf het, is in die begin 15-tal ingesluit.

Die enigste veranderinge wat aan die plaasvervangersbank aangebring is, is die insluiting van Jonathan Adendorf en Wilmar Arnoldi.

Die Griekwas het Dinsdagaand hul jaarlikse prysuitdeling gehad met die buite senter, Tertius Kruger wat met drie toekennings weggestap het. Die 24-jarige het die trofeë vir speler van die jaar, spelers se speler van die jaar asook agterlynspeler van die jaar ontvang.

Tertius Kruger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button