Joshua, Inge stap met top-toekennings weg
Dubbele o/18-kampioen, asook die Suid-Afrikaanse Skolekampioen vir seuns o/17, Joshua Maass het tydens Hoërskool Nelspruit se toekenningsaand met die trofee vir sportman van die jaar weggestap.
Joshua se naam is ook op die ABSA-atleet van die jaar- en atleet van die jaar-trofeë gegraveer.
Lenige doel van NHS se eerste netbalspan, Inge Jansen van Vuren, is as sportdogter van die jaar aangewys.
Inge is verlede jaar in die o/18 Suid-Afrikaanse Skole-netbalspan ingesluit en het ook die Proteas vroeër vanjaar in die Quad-reeks in Durban verteenwoordig.

Tweekampatleet, Frans-Josef Mentz, wat tot die SA span verkies is om aan die Wêreld Tweekamp-kampioenskappe in Spanje deel te neem, het die toekenning vir sportman van die jaar: buiteskool ontvang.
Nerina Visser (SA Skole-atletiek- kampioenskappe, 400m-hekkies eerste plek), Tertius Mentz (SA Skole-atletiekkampioenskappe, aflos eerste plek), Joshua (SA Skole-atletiekkampioenskappe, spiesgooi eerste plek), Stephan van der Bank (SA Skole o/18A), Banele Mthenjanse (SA Skole o/18), Inge (SA Skole o/18) en Giano dos Santos (SA Skole-swemkampioenskappe, eerste plek) het goue erepennings vir hul prestasies in hul sportgebied ontvang.
Toekennings




