Local sportSport

Cloete na drie weke weer terug

Flank Chris Cloete, is terug in die Steval Pumas se 22-tal nadat hy 'n graad-twee skeur aan sy skouer teen die Cell C Sharks opgedoen het.

Cloete vervang vir Brian Shabangu wat sy enkel Saterdag teen die Tafel Lager Griekwas verstuit het.

Shabangu sal vir twee weke uit wees.

Hoofafrigter van die Pumas, Brent Janse van Rensburg moes vier noodgedwonge veranderinge aan sy beginspan, wat Saterdag op Mbombela Stadion teen die Griekwas met 38-35 verloor het, aangebring het.

Justin van Staden (heelagter), Thembelani Bholi (flank) en Stefan Willemse (slot) is ook nie vir vanaand se kragmeting teen die Vodacom Blou Bulls op Loftus Versfeld beskikbaar nie.

Brian Shabangu.

Selom Gavor begin in die nommer 14-trui. Gerrit Smit wat Saterdag op buitesenter uitgedraf het, skuif na heelagter toe met Jerome Pretorius wat op binnesenter sal speel.

Jannie Stander, wat laas in Augustus teen die DHL Westelike Provinsie gespeel het, sal in die plek van Willemse begin. Daar is net twee veranderinge wat Janse van Rensburg op die plaasvervangersbank aangebring het. Reynier van Rooyen is terug in die 22-tal en leenspeler van die Xerox Goue Leeus, Gerrie Labuschagne kan sy debuut vir die Pumas van die bank af maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button