Local sportSport
WSK verower twee medaljes in Goudstad
Witrivier Stoeiklub (WSK) se Marizaan Britz en Christo Nagel jr. het albei met silwermedaljes van die Suid-Afrikaanse Jeugkampioenskappe, wat Vrydag en Saterdag in die Portugese saal in Johannesburg beslis is, teruggekeer.
Johny Smit en Christo van WSK gaan aan die einde van Oktober hul provinsie by die Noordvaal-kampioenskappe, wat in Pretoria plaasvind, deelneem.
“Ons is ongelooflik trots op julle. Ons wens julle sterkte toe vir die voorbereiding vir volgende jaar se Suid-Afrikaanse kampioenskappe,” het die stigter en voorsitter van WSK, Lappies Labuschagne gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

