Local sportSport

Bioné, Shiloh is SA se beste

Nelspruit Stoeiklub (NSK) se Shiloh Mathane (11) en Bioné Kleynhans (10) is as Suid-Afrika se nuutgekroonde jeugkampioene aangewys.

Shiloh en Bioné is nou maar eers twee jaar by die klub betrokke.

“Wat kan ek sê? Ons is ongelooflik trots op die twee. Hulle het fantasties gestoei,” het die hoofafrigter van NSK, Hansie Kruger gesê.

Die kampioenskappe het die afgelope naweek in die Portugese saal in die Goudstad plaasgevind.

Stefan Kruger, Stefan Blom, Joshua Devine, Basie Mathane en Triston Kleynhans het ook met medaljes
teruggekeer.

“Hierdie jong stoeiers het die afgelope 13 weke geweldig hard gewerk ter voorbereiding vir die jeugkampioenskappe.

Die kwaliteit van die stoeiers was uitstaande en is ook bekend as een van die grootste stoeitoernooie in die land.”

Carl Myburgh het uitstekend gestoei, maar met meer ervaring wat hy in die 2018-seisoen gaan opdoen, is daar ‘n groot moontlikheid dat hy ook as die SA kampioen gekroon kan word.

“Jean (Erasmus) was ongelukkig om nie ‘n goue medalje om sy nek te hang nie. Sameul (Odendaal) het groot karakter gewys en vir ‘n stoeier met so min ondervinding en ervaring, was dit ‘n geweldige leerkurwe vir hom. Sameul sal volgende jaar een van die land se topstoeiers wees.”

“Ek wil die amptenare en ouers bedank vir hul volgehoue ondersteuning en vertroue in die afrigters van die klub. Dit is ‘n voorreg om met julle kinders te kan werk en hul te sien groei as jongmense wat elke dag met meer selfvertroue opdoen.”

Vee-André Swanepoel, Stefan Kruger en Basie sal ook 28 Oktober aan die Noordvaal-kampioenskappe deelneem.

Vee-André en Lourens Erasmus is gerat vir die proewe om die nasionale span vir volgende jaar se Afrika-kampioenskappe te haal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button