Komati-swemmers stel ‘n hele paar nuwe rekords op
Verlede Donderdag het 'n hele paar rekords tydens Komatipoort Akademie se interhuis-swemgala gespat.
Daar is tans ‘n mooi oplewing in swem by Komatipoort Akademie, danksy afrigters Stephan en Kate Kuhn, en verlede Donderdag tydens die interhuis-swemgala het heerlinge hul slag in die water gewys.
Die swembad het pragtig gelyk met splinternuwe baantoue wat aan die skool geskenk is.
Toeskouers het vanuit die koelte swemmers ondersteun en die volgende rekords is verbeter:
• Meisies o/14, 4x25m-wisselslag, 50m-rugslag, 50m-borsslag en 50m-vryslag – Zarlia Engelbrecht
• Seuns o/17, 4x25m-wisselslag, 50m-borsslag en 50m-vryslag – Paulo Goncalves
• Seuns o/16, 50m-vlinderslag – WG Engelbrecht
• Seuns o/14, 50m-borsslag – Corbin Visagie
• Seuns o/7, 25m-vryslag – Reghardt Small.

Die beste swemmers in vier ouderdoms-groepe is as victor en victrix ludorums aangewys. Luan Maree en Kristn Engelbrecht was die ontvangers van die o/7- tot o/9-trofees, Hanro van Heerden en Amé Bekker van o/10 tot o/13, WG Engelbrecht en Zarlia Engelbrecht van o/14 tot o/16 en Paulo Goncalves was die o/17 tot o/19 victor ludorum.
