Junior tennisspelers sweet dit uit
Jong tennisspelers het hulself goed van hul taak gekwyt en barshoue gespeel by die jaar se uitspele toernooi.
Junior Tennisspelers het Vrydag 13 September dit uitgesweet by Van Riebeeck Park om die titel van die jaarlike uitspele toernooi te verower.
Dit was voorwaar ‘n wonderlike dag vir Laeveld Junior Tennis, met die sportsterre van die toekoms wat barshoue gespeel het en karakter gebou het op die tennisbaan.
Volgens Jeanetha Boshoff, voorsitter van Laeveld Junior Tennis was geen wedstryd maklik gewees nie en elke speler het sy of haar beste gegee om tot die einde to kon deurveg.

Lees meer: Toernooi, ‘n eerste vir die Laeveld se o/10-spanne
Gabriella Koekemoer het die dogterstitel verower en is saam met vyf ander dogtersspeler gekies om die Laeveld te verteenwoordig by die u/10 Lowveld/Highveld Focus on Fun Toernooi by Van Riebeeck Park op drie en vier November. Emma Snyman, Joslin Boshoff, Mire Grobler, Sally Gitlin en Megan de Zwart was ook vir die span gekies.
In die seunsafdeling het Nick de Zwart as die wenner aangewys en sal as ‘n span van vyf ook aan die Focus on Fun Toernooi in November deelneem. JohnRobert de Clerque, Joe Gitlin, Imaad Arabi en Ettiene Swart was ook vir die Laeveld Junior Tennis se seunsspan gekies.
Lees meer: Lydenburg-tennisseuns as wenners gekroon
Boshoff het gesê dat Laeveld Junior Tennis graag die jonger generasie se tennis sterk wil maak en ontwikkel. “Ons wil die Laeveld weer as een van die reuse in Suid-Afrikaanse Tennis maak, ons het al die talent asook die afrigters om dit te maak werk,” het sy gesê.
Lees meer: Laeveld-spelers trotseer die weer
