Local sportSport

Lanies krieketspanne gekroon as liga- en naaswenners

Die eerste en o/11-krieketspanne van Laerskool Malelane het puik gevaar in onderskeidelik die Mpumalanga Kampioenskappe en kleinskole-liga.

MALALANE – Laerskool Malelane se eerste krieketspan het Laerskool Sabie in die eindstryd van die provinsiale kampioenskappe geklop met 15 lopies om as wenners gekroon te word.

Die wedstryd is beklink met twee goeie vangkanse, drie been-voor-paaltjiebeslissings en twee uithardloopkanse.

Daar het ‘n goeie gees onder die twee spanne geheers en ‘n hele paar uitblinkers het tevore getree.

Abdullah Patel het 15 lopies en een paaltjie vir 13 lopies gekry, Abdullah Moosa het 19 lopies verwerf met drie paaltjies vir agt lopies en Mohmed Iman het 14 lopies en een paaltjie vir ses lopies ingepalm.

LEES: Aspiring cricketers get tips from a Springbok

Rayyan Patel het een paaltjie vir 14 lopies gekry, Xander Matthee, een vir 24 lopies en Haroon Ikram, een vir 11 lopies.

Die Lanies se o/11-krieketspanne is die naaswenners in die provinsiale kleinskole-liga nadat hulle verlede naweek teen Laerskool Marietjie van Niekerk van Bethal met vier lopies verloor het.

Die span se blinkste sterre was Jan Malan wat drie paaltjies vir 19 lopies geneem het, Bernhard Clur het 20 lopies behaal en is nie uitgeboul nie en Saint Mashele het sewentien lopies behaal.

Die skool bedank graag die afrigters, telhouers en ondersteuners vir hul bydrae tot die spanne se sukses.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button