Jong spelers woed dit uit op die veld
Oor die twee dae het 28 spanne 87 wedstryde gespeel, met skole van regoor die Laeveld wat deelgeneem het.
Die derde jaarlikse Fathers’ Ground-sewesrugbytoernooi is verlede naweek by Laerskool Witrivier aangebied met 336 jong spelers wat dit vir die wennersbeker uitgesweet het.
Die naweek se program is deur die toegewyde span pa’s van die Fathers’ Ground-organisasie aangebied en volgens die voorsitter, Corrie Minnaar het die program soos ‘n goed geoliede masjien verloop.
Lees ook: Fathers Ground Gholfdag
Penryn College en die Mbombela All Stars was die enigste plaaslike spanne wat tot die finale rondtes deurgedring het.
In die o/11-kategorie het Laerskool Tzaneen met die beker weggestap en die Mbombela All Stars met die plaat.
Noordskool B het die skottel verower en Noorskool A het die skild gewen.
Lees ook: Fathers Ground se gholfdag weereens ‘n reusesukses
Die A-span van Laerskool Goedehoop het die beker in die o/12-kategorie gewen en Laerskool Tzaneen die plaat.
Laerskool Steelpoort het die skottel-eindstryd gewen en Penryn College het die plaatfinaal.
Volgens Minnaar stel die toernooi afrigters in staat om jong talent te identifiseer en sodoende die spelers voor te berei vir hul o/13-rugbyjaar, asook die sprong na 15-manrugby.
Lees ook: Gholfspelers swaai hul stokke vir skool
“Vir ons van die Fathers’ Ground-organisasie is dit belangrik om ons kinders te ondersteun en sodoende vondse in te samel wat ons terugploeg in Laerskool Witrivier,” het Minnaar gesê.
Die o/11-en o/12-spanne van Laerskool Goedehoop het ‘n R5 000 kontantprys gedeel, want elke span het onderskeidelik 36 drieë gedruk oor die afloop van die twee dae.