Robbies los groot voetspore in Pietersburg
Altesaam 18 skole het aan die byeenkoms deelgeneem, en die koel weer was perfek vir die kragmeting.
Die Robbie-atletiekspan het die afgelope naweek aan die 33ste Marius Lengton-gedenkatletiekbyeenkoms in Pietersburg deelgeneem.
HTS Tom Naudé was die gasheer vir die grootste prestigebyeenkoms in Limpopo en Rob Ferreira was Mpumalanga se enigste verteenwoordigende skool.
Altesaam 18 skole het aan die byeenkoms deelgeneem, en die koel weer was perfek vir die kragmeting. PHS, Ben Vorster, Piet Potgieter, Nylstroom, Merensky, Frikkie Meyer, Hans Strijdom en Warmbad was maar net ‘n paar skole waarteen die Robbie-atlete deelgeneem het. Rob Ferreira het algeheel eerste geëindig nadat hulle 29 goud-, 20 silwer- en 25 bronsmedaljes is verower – ‘n totaal van 74 medaljes.
Ashaan Sebastian is aangewys as die Junior Victor Ludorum.
“Ons kan nou met baie selfvertroue uitsien na die Triple J-byeenkoms wat komende Saterdag 28 Oktober by Rob Ferreira plaasvind,” het Stefan van der Merwe, die skool se sport-en-ontwikkelingsbeampte gesê.
Lees ook: OPVOLG: Nellies, Laeveld in Mpu-finaal
