Local sportSport

Sumari, Tristan hou Vlammies se top-trofeë omhoog

Die 15-jarige atleet Sumari van Staden is as Hoërskool Bergvlam se sportvrou van die jaar gekroon terwyl Tristan Louw met die sportman van die jaar-trofee, tydens hul skool se jaarlikse prysuitdeling weggestap het.

Sumari is tydens Bergvlam se interhuis-atletiekbyeenkoms as die victrix ludorum vir o/15’s aangewys. By die 2017 Mediclinic Interhoër het sy drie eerste plekke in onderskeidelik die 800-, 1 500- en 3 000m verower.

Tydens die Mpumalanga-kampioen-skappe in Secunda het sy stof in haar teëstaanders se oë gehardloop en ‘n tweede plek behaal. Sy is tot die Mpumalanga-span verkies wat haar provinsie by die Suid-Afrikaanse Junior-atletiekbyeenkoms in Durban verteenwoordig het.

Sumari van Staden.

“Sumari se hartklop is atletiek. Soos wat sy haar longe vol suurstof moet trek om asem te haal, is haar vermoë om ronde na ronde oënskynlik moeiteloos te voltooi, vir haar soos haar eie suurstof. Ek glo nie Sumari kan haarself ‘n lewe sonder hardloop indink nie. Haar toegewyde daaglikse, urelange oefening, span die kroon met haar toekenning,” het Vlammies se hoof, Annemarié Kleynhans gesê.

“Dié van ons wat jou dophou, bewonder jou durf en deursettingsvermoë. Jy het ‘n ongelooflike hardloopstyl en uithouvermoë wat jou deur elke wedloop dra. En dan eindig jy, sonder om moeg te lyk.”

Sumari was vroeër vanjaar deel van ‘n groep Mpumalanga-atlete wat ‘n atletiektoer na Europa bygewoon het waar sy etlike medaljes losgehardloop het.

Tristan het nie net in sy skoolloopbaan met ‘n rugbybal onder sy arms uitgeblink nie, maar was ook ‘n merkwaardige krieketspeler.

Hy is vanjaar tot die Puma o/19A-span, wat aan die Pukweek in Potchefstroom deelgeneem het, verkies.

Tristan het tydens die skool se rugby-toekenningsaand ook die trofeë vir die spelers se speler van die jaar asook agterspeler van die jaar ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button