Local sportSport

Nellies kolf een vir die boeke

Laerskool Nelspruit het verlede week geskiedenis gemaak toe al vier spanne wat na die Mpumalanga Superliga-eindstryd deurgedring het, met die gesogte titels weggestap het.

Hulle het onder andere verlede week teen laerskole Laeveld, Kruinpark en Goedehoop te staan gekom.

Die Chippos o/13-span was eerste teen Laeveld op laasgenoemde se tuisveld aan die beurt. Laeveld het eerste gekolf en met agressiewe en positiewe kolfwerk die momentum aan hulle kant gekry.

Na slegs 17 boulbeurte het hulle reeds op 117 lopies vir die verlies van net drie paaltjies gestaan.

Christopher Sjöblom het 40 lopies aangeteken. In die 18de boulbeurt het Joshua Louw die hele wedstryd op sy kop gedraai deur drie paaltjies met puik boulwerk te neem. ‘n Vierde paaltjie het in dieselfde boulbeurt gekantel na goeie veldwerk tot ‘n uithardloopkans gelei het.

Laeveld se laaste paaltjie is in die 21ste boulbeurt geneem na hulle 127 lopies kon aanteken. Joshua Louw het in sy twee boulbeurte vier paaltjies geneem en slegs vier lopies afgestaan.

Die Nellies se kolfbeurt het wankelrig begin met paaltjies wat vinnig gekantel het.

Dit was na agt boulbeurte 31 lopies vir die verlies van drie paaltjies. Op ‘n dag wat sy span dit nodig gehad het, het Paul Harley ‘n ware kapteinsbeurt gespeel. Hy het die wedstryd in die 23ste boulbeurt vir Nellies beklink met ‘n onoorwonne 57 lopies van 61 balle.  Foto: Johan Orton

Dinsdag het die o/10’s op eie bodem teen Kruinpark kragte gemeet. Nellies het die loot gewen en eerste gekolf. Uit die staanspoor was Nellies effe in die knyp. Akkurate en gedissiplineerde boulwerk het hulle onder groot druk geplaas. Vaughn van Zyl, Ruben Greeff en Jon Grobler het die beurt herstel en saam 126 lopies aangeteken.

Nellies se goeie boulwerk het Kruinpark onder druk geplaas, wat toe gesukkel het om momentum op te bou, en is gevolglik uitegboul vir slegs 56 lopies. Nellies het die kragmeting met 70 lopies gewen.
Nellies het Woensdag op eie bodem teen Laeveld testaan gekom.

 

Die Nellies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het ‘n goeie telling op ‘n stadige blad van 163 na 30 beurte behaal.

Laeveld is in hulle kolbeurt vir slegs 45 lopies uitgeboul en het dus met 118 lopies verloor.

Die meeste lopies is deur De Wet Erasmus (35 nie uit nie) aangeteken en die meeste paaltjies is deur Lyle Saunders en Nathan Duncan geneem.

Die laaste kragmeting wat Donderdag plaasgevind het, het Nellies se o/12’s dit vier uit vier teen Goedehoop gemaak.

Hulle het dié span van Secunda in ‘n spannende wedstryd met twee paaltjies geklop. Goedehoop is eerste ingestuur en is almal vir 101 lopies uit. Aanvanklik het dit gelyk of dit maklik sal wees om die teiken in 30 boulbeurte te haal. Goedehoop het verbete teruggeveg en die wedstryd was tot die bitter einde in die weegskaal, maar Nellies se Enrico Wallace het die wenlopies in die laaste beurt gemoker.

Nellies se beste kolwer was DW van Rooyen met 22 lopies en beste bouler was Hetro Homann wat in ses beurte, slegs 11 lopies afgestaan en twee paaltjies geneem het.

Nellies se o/11A-krieketspan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button