Local sportSport

NUUSFLITS: NHS is naaswenners in Noordvaal-kompetisie

Hoërskool Nelspruit se eerste krieketspan het met 75 lopies in die Noordvaal Gunn & Moore-eindstryd teen 2016 se kampioene, Hoërskool Waterkloof, die knie gebuig.

Die twee spanne het vandag op Uplands College se ovaal mekaar die stryd aangesê.

Kloof het eerste ingegaan om te kolf en het 213 lopies aangeteken. Daarna kon NHS slegs 138 lopies bymekaar maak.

“Op die einde was dit ‘n baie mooi wedstryd tussen die twee spanne gewees. Kloof se boulers was net te sterk vir ons en ons kon net die aantal lopies behaal nie. Ons het op slegte tye paaltjies verloor,” het een van NHS se hoofafrigters, Morné van der Merwe gesê.

Lees meer oor dié kragmeting in Dinsdag 7 November se uitgawe van Laevelder.

 Tafel vir Gunn & Moore-eindstryd gedek 

NHS het laas in 2002 die trofee omhoog gehou en het in 2011 en 2012 in die eindstryd teen onderskeidelik Hoërskool Centurion en Kloof kragte gemeet, maar is as naaswenners aangewys.

“Die span stap sedert September verlede jaar saam. Ons het aan die begin van die jaar teen Kloof te staan gekom en dit was ‘n ongelooflike wedstryd gewees – seker een van my beste wedstryde waarin ek al gespeel het. Die spangees is goed en die manne is gemotiveerd. Ek sal graag my hoërskool-krieketloopbaan op ‘n hoë noot wil afsluit,” het NHS se kaptein Divan Jacobs gesê.

Die span het in die Mpumalanga-superliga se eindstryd Hoërskool Middelburg met 184 lopies geklop.

Daarna het NHS in die Noordvaal-kwarteindstryd Hoër Volkskool Potchefstroom met ses paaltjies verslaan en in die kwarteindstryd Hoërskool Ben Vorster met 95 lopies gewen.

Die Noordvaal Gunn & Moore-trofee.

Jacques Vosloo het sedert die eerste wedstryd van die Mpumalanga-superliga 386 lopies gemoker terwyl Divan met 368 lopies agter sy naam spog. Jon Hinrichsen het 19 paaltjies, Ewan Lombard 18 en Lourens Pëtersen 16 laat kantel het. Hülle sal van kardinale belang vir môre se kragmeting wees.

“Daar is baie op die spel en ons weet dit gaan ‘n taai stryd wees, maar dit is wat ons soek. Ons doelwit was om die eindstryd te haal,” het NHS se afrigter, Morné van der Merwe gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button