Impalas sluit die jaar amptelik met gesellige geleentheid af
Spelers, hul gades, komitee-lede en ondersteuners van die Impala Rugbyklub in Komatipoort het hul jaar met 'n ete en 'n toekenningsgeleentheid afgesluit.
Impala Rugbyklub van Komatipoort het hulle jaar amptelik op 28 Oktober afgesluit met ‘n heerlike ete en prysuitdeling by die klub.
Al die spelers is vir hulle bydraes tot die span bedank en het getrou aan die tradisie, die truie waarin hulle gespeel het as aangedenkings ontvang.
LEES: Impalas vier 2016 se suksesse
Die klub se borge is ook hartlik bedank vir hulle betrokkenheid en ondersteuning en groot waardering is uitgespreek teenoor dié wat sommer al klaar bevestig het dat hulle weer borge sal wees.
Daar was ook ‘n spesiale woord van dank aan die klub se getroue ondersteuners wat hulle by elke wedstryd langs die veld aangemoedig het – veral dié wat saamgereis het na ander klubs.
LEES: Olifante face Impalas on their home field
‘n Paar uitblinkers het ook trofees en spesiale aandenkings ontvang.
Hannes Eloff is die speler 23-trui toegeken vir sy getroue ondersteuning langs die veld.
Jacques Liebenberg is gekies as agterspeler van die jaar.
Danie Pretorius is as voorspeler en speler van die jaar aangewys.
Basjan Kok is gekies as die waardevolste speler van die jaar en Dirk le Roux het die spelers se spelertrofee ontvang.
Die Impalas sien uit na die nuwe seisoen en sal vroeg aanstaande jaar met hul voorbereidings begin.
