Nellies se eerstes in provinsie se beste
Laerskool Nelspruit se o/13 eerste dogters-tennisspan is as die Mpumalanga Laerskole-liga se kampioene gekroon.
Die uitspele het verlede week op Uplands College se bane plaasgevind.
In totaal het Nellies 72 potte gewen en net 14 verloor – seker die hoogste telling nóg oor die afgelope 10 jaar.
Nellies se Arili Boshoff, Lize Oosthuizen, Tammy Fourie en Lani Swart het hulle enkelspel teen JJ van der Merwe gemaklik gewen. In die dubbelspel het Arili en Lize, JJ van der Merwe met 7-0 verslaan en Tammy en Lani het ook as wenners van die baan gestap met ‘n telling van 6-0.

CR Swart het ook geen gelyke teen dié vier dogters gehad nie. Nellies was met 23-6 in die enkelspel baas terwyl hulle die dubbelspel 10-4 gewen het.
Uitslae
Seuns
• Eerste – CR Swart
• Tweede – JJ van der Merwe
• Deder – Curro Nelspruit
Dogters
• Eerste – Laerskool Nelspruit
• Tweede – CR Swart
• Derde – JJ van der Merwe.









