Marco, Therese stap met spogtoekenning weg
Die 13-jarige sportmasjien, Marco Capazorio is as Laerskool Laeveld se sportseun van die jaar tydens die meriete-toekenningsaand, gekroon.

Marco was deel van sy skool se eerste krieketspan asook eerste rugbyspan en hy het ook sy merk op die atletiekbaan gemaak.
Hy was in aksie by die Mpumalanga Atletiekkampioenskappe vir die 1 500m-item, wat in Secunda plaasgevind het. Marco het ook sy provinsie by die Suid-Afrikaanse Landloop Klubkampioenskappe in Potchefstroom verteenwoordig.
Die sportdogter van die jaar-toekenning en 2018 se onderhoofdogter is aan Therese Seyffert toegeken.
Dié 12-jarige het vanjaar haar skool se tennisspan aangevoer en was ook rats op die netbalbaan. Therese was deel van Mpumalanga se hokkiespan waar sy ook as kaptein aangewys was. Sy het ook saam met die provinsiale span na die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe, getoer.

Brenden Boucher is as 2017/18-termyn se onderhoofseun vir sport aangewys. Sy was ook in Potch in aksie.

