Local sportSport

Puma Kidz oefen met splinternuwe balle

Goldwagen Nelspruit het 360 rugbyballe aan Puma Kidz geskenk.

Die eerste Puma Kidz-kliniek is in 2015 by Mbombela Stadium aangebied.

Toe was daar 220 rugbyspelertjies, maar dit het sedertdien tot 360 toegeneem.

Eienaar van Goldwagen, Pieter Linde, het die balle onlangs aan Puma Kidz oorhandig. Elke spelertjie word aan die einde van die jaar met ‘n bal beloon.

“Ons hoofdoel is om ‘n liefde vir rugby by kinders te kweek en dan om ‘n verskil in elkeen se lewe te maak. Baie dankie aan die span van Goldwagen vir julle ondersteuning,” het Morné Crous van Puma Kidz gesê.

Steval Pumas-spelers soos Ruwellyn Isbell, Mark Pretorius, Simon Westraad en Devon Williams en natuurlik die Pumas se gelukbringer, Pumatjie, het ook die geleentheid bygewoon.

Lees ook: Kids get a glimpse into the lives of their heroes

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button