Local sportSport

Kleinspan word vir die jaar se vordering getoets

Altesaam 90 kleuters wat deel van Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) is, het Saterdag hul jaarlikse evalueringstoets gehad.

Andeline Grobler (algeheel vyfde van 107 gimnaste by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe), Arilyn Dawson (vlak ses-gimnas) en Kayla Cornish (10de uit 76 gimnaste by SA’s) het met die kleinspan se evaluering gehelp.

Dié drie gimnaste het van hulle vloer-roetines uitgevoer.

“Die kleuters het baie goeie vordering ten opsigte van maag- en skouerkrag asook spieruithouvermoë getoon. Deur die loop van die jaar leer gimnassies hulle liggaam ken en dit gee hulle selfvertroue ‘n hupstoot,” het die afrigter van NGA, Maré Putter gesê.

Lees ook: Klein gimnaste toon groot potensiaal

Die jaarlikse vertoonstuk van die klub, Rock ‘n Roll, vind 30 November tot 1 Desember by NGA se saal by Hoërskool Bergvlam, plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button