Local sportSport

Hindernisbaan sal slaggereed vir 2018 wees

Lewensoriëntering-leerders van Hoërskool Bergvlam! Volgende jaar kan julle na 'n nuwe inisiatief wat die vak nog meer opwindend gaan maak, uitsien. 

Vakhoof van Lewensoriëntering by Bergvlam, Ané Bekker het reeds in Februarie met idees en die beplanning van ‘n hindernisbaan begin.

Die eerste fase van die bouproses het verlede week afgeskop.

“Ek was onsettend opgewonde toe ek sien dat van die gate vir die houtpale gegrawe is en dat van die pale reeds opgesit is,” het Bekker gesê.

Die hoofdoel van die baan is om leerders aan fisiese oefeninge bloot te stel en hulle te leer hoe om saam in ‘n span te werk.

“Veral die rugbyspelers was baie beïndruk met die hindernisbaan en sien uit om dit vir fiksheid en kondisionering, ter voorbereiding vir die 2018-seisoen, te gebruik.”

Ongeveer 11 stasies sal opgerig word, wat ‘n klouterraam, swaaitou, ‘n vertikale leer wat uit bande bestaan, ‘n balansbalk en ‘n klimraam insluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button