Local sportSport

‘Vrouens! Bêre die potte en panne’

Wilma Botha het met die louere by die eerste Wildman Hunting & Outdoor-dameskietdag wat by Canary Walk se skietbaan plaasgevind het, weggestap. Sy het 'n puntetotaal van 242 uit 250 losgeskiet. 

Sowat 40 vroue het met ‘n handwapen, .22 en ‘n haelgeweer op die teikens aangelê.

Botha het volpunte met die .22 (100) en haelgeweer (50) agter haar naam geskryf.

“Ons het geweldig baie positiewe terugvoer gekry. As jy dit gemis het, wees gerus. Saterdag was ‘n toetslopie en volgende jaar se skietdag gaan groter en beter wees,” het Leandré Coetzer van Wildman Hunting & Outdoor gesê.

Mari Jordaan was die naaswenner terwyl Mercia Barnard en Tahlita De le Gey die derde plek gedeel het.

“Dit doel van die skietdag was om vroue te leer hoe om hulleself te verdedig. Dit is belangrik dat vroue met vuurwapens vertroud raak. Bêre die potte en panne. Vroue besef dan ook hoekom mans histeries raak oor wapens en so baie tyd in ons winkel spandeer,” het Leon Lourens van Wildman Hunting & Outdoor tong in die kies gesê.

Die skietbaan is vroeër vanjaar gebou. Indien jy graag tuis wil raak in die hantering en gebruik van ‘n wapen, skakel Shaun Nieuwenhuizen (SMCS) by 084-910-3176 of epos hom by shaunnieu@gmail.com.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button